Skaarland Ingenieurswerke

 

Visit the English website

 
Skaarland Ingenieurswerke is in 1985 in Moorreesburg in die Wes Kaap gestig. Die besigheid het gegroei van ñ klein fabriek na ñ toonaangewende vervaardiger van ñ wye reeks grondslyt onderdele in die landbou sektor van Suid Afrika.

Skaarland beskik oor die nodige kennis en infrastruktuur om rou staal te verwerk tot die finale produk. Alle verwerking en behandeling word self deur Skaarland tegnisi gedoen. Skaarland strewe daarna om die beste kwaliteit produkte teen ñ  billike prys aan ons kliënte te lewer.

Teen einde 2015 het Skaarland ook ñ depot te Bainsvlei in Bloemfontein oopgemaak.  Hier kan kwaliteit skare ook direk vanaf Skaarland aangekoop word.

Skaarland beskik ook oor ñ ingenieurswerke afdeling waar landbou toerusting herstel en vervaardig word.

Kontak Skaarland vir u landbou implemente behoefes.